
=====================================================================
Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Aanwins vir die tweedetaaldosent

  Boekbespreking: Wybenga, D. en Jooste, G.A. (Reds.) -- TAALREIS MET TAXI. 1998 J.L. van Schaik, Pretoria. 286 bll. Sagteband TAALREIS is 
'n interessante en oorspronklike byvoeging tot die lang lys handleidings wat in hierdie eeu vir niemoedertaalsprekers van Afrikaans verskyn 
het. Sedert die verskyning van die eerste reeks vir Afrikaans-tweedetaalsprekers meer as vyftig jaar gelede, het die metodiek ten opsigte 
van tweedetaalonderrig en -leer dramaties verander.

Hierdie publikasie gebruik 'n eklektiese benadering wat die lees van eenvoudige kortverhale, die uitvoer van prikkelende aktiwiteite (soos 
die voltooiing van blokkiesraaisels) en formele taalinsette integreer. Die inhoud leun ook sterk op die sogenaamde funksionele en 
kommunikatiewe benadering tot tweedetaalleer. Voorts leer die gebruiker deur te reflekteer oor vrae wat voortdurend deur 'n karakter in die 
boek (Skillie Skilpad -- met wie die leerder moet identifiseer) gestel word en wat deur sy mentor (oom Kierie -- 'n volstruis) beantwoord 
word. Op die oog af blyk die handleiding beslis gebruikersvriendelik te wees.

In die voorwoord word die rasionaal, die uitleg en inhoud van die boek aan die taaldosent verduidelik. Die teikengroep is studente in die 
hor onderwyssektor "wat reeds op skoolvlak met Afrikaans kennis gemaak het en wat 'n akademiese en funksionele kennis van Afrikaans nodig 
het vir verdere opleiding". Die handleiding is 'n samevoeging van twee taalonderrigprogramme van Vista: die eerste gebaseer op materiaal in 
Taxi -- 'n bundel hedendaagse Afrikaanse kortverhale -- en die tweede 'n interaktiewe gerekenariseerde taalaanleerprogram. Gegee die 
beoogde teikengroep, probeer die skrywers om die tipe akademiese en kognitiewe vaardighede te ontwikkel wat studente, volgens hulle, op 'n 
inleidende graadvlak nodig sal h.

Die boek bestaan uit drie dele: lesse, oefeninge en selfevaluering; die naslaanafdeling, waar studente die taalkennis kan soek wat hulle 
nodig het om die oefeninge te voltooi; en 'n indeks.

Die metafoor van 'n reis (bestemming: taalvaardigheid?) word deurgaans gebruik, wat aansluit by die gebruik van die kortverhaalbundel Taxi 
met sy sogenaamde "Staanplekstories". Verdere afdelings in die boek, soos die reisplan, roetes, haltes, padtekens (ikone) en tot 'n sleepwa 
(wat die inligting en gereedskap verskaf wat vir die reis nodig is) dra by tot die bre analogie. Dit is 'n goeie keuse vir die uitleg, 
want dit is uiters sinvol en bevorder die kohesie van die handleiding in sy geheel. Ander kenmerke sluit in die verpligte interaksie tussen 
leerder en teks, 'n ruim verskeidenheid oefeninge en strategie en die gebruik van grafiese inligting en mediategnieke, soos 'n TV-skerm, 
advertensies, kennisgewingborde, en dies meer. Humor speel ook 'n rol. Die student word begelei op 'n ontdekkingstog om deur die oplossing 
van probleme tot insigte te kom wat weer taalvaardigheid bevorder. Die klem val op die praktiese toepassing van taalkennnis.

Die boek bestaan uit tien hoofstukke: agt roetes en twee haltes. Die roetes bevat nuwe werk en die haltes word gebuik vir hersiening. Elke 
roete begin met 'n lys van tien vaardighede wat gedek word. Hierdie tien bestaan uit: doeltreffend lees; teksorganisasie en taalfunksies 
wat die gebruiker help om tekste beter te gebruik; woordsoortherkenning en die sinvolle gebruik van woordeboeke; woordeskatuitbreiding, wat 
tematies aangebied word; spelling en uitspraak; punktuasie -- die funksionele gebruik van leestekens; taalgebruik; sintaksis of sinsbou; 
morfologie of woordbou; en 'n finale afdeling wat die gebruiker nooi om sy/haar kennis wat in die hoofstuk verwerf is, te toets. 'n Bladsy 
aan die begin van elke hoofstuk (roete) verduidelik die fokuspunte van elke vaardigheid in die spesifieke konteks van die hoofstuk. Elke 
konteks word gekoppel aan 'n aparte storie in die kortverhaalbundel Taxi.

Die leerder beweeg deur elke hoofstuk (langs elke roete) deur middel van antwoorde op 'n reeks vrae in elke afdeling, asook deur te luister 
na oom Kierie se raad, insette en vermanings. Vrae word deurgaans voorafgegaan deur inligtingstukke (bv. belangrike kennisgewings "langs 
die pad"), en die grafiese voorstellings en informele aanbieding sorg dat die gebruiker nooit bedreig voel nie. Ruimte word in elke 
hoofstuk gelaat vir die uitvoer van langer opdragte.

Die algehele organisasie van die handleiding bendruk, maar daar is wel punte van kritiek. Die skrywers definieer hul teikengroep duidelik 
in die Voorwoord, maar die vlak van die materiaal en die moeilikheidsgraad van die vrae en opdragte is nie konsekwent nie. Net as 'n dosent 
begin glo dat die boek geskik is vir studente op 'n sekere taalvaardigheidsvlak, dan kom hy af op materiaal en afdelings wat te moeilik of 
irrelevant blyk te wees. (Dikwels is die onnodig-tegniese terminologie ontmoedigend, byvoorbeeld kwantordetermineerders (bl. 252), 
adjektivering van werkwoorde (bl. 150) en van die komponente oor morfologie.) Die dele wat handel oor formele grammatika weeg te swaar en 
'n mens wil die funksionele waarde daarvan soms bevraagteken. Die "Sleepwa" (naslaanafdeling) is nodig en informatief, maar verval dikwels 
in lang lyste woorde wat aan die ou gediskrediteerde formele benadering tot taalaanleer herinner.

Voorts word die boek ook aanbeveel vir gebruik in afstandsonderrig. Dit sou afhang van die taalvaardigheidsvlak en taalkennis van die 
student, want baie tweedetaalstudente sou beslis begeleidingshulp benodig met die uitvoer van sekere take en die beantwoording van vele 
vrae.

Tog word hierdie publikasie sterk aanbeveel. Die afdeling oor taalfunksies is prakties-bruikbaar, asook die vrae onder voorskoulees, 
soeklees en begripslees in elke hoofstuk. Die koppeling van taaloefeninge met die lees van kortverhale is beslis aan te beveel. Die boek 
hanteer maklik en sal die tweedetaalleerder nie afskrik nie. Die afwisseling van aktiwiteite en die grafiese verskeidenheid behoort 
leerders te prikkel. Die boek slaag daarin om praktiese taalgebruik te bevorder en is beslis 'n aanwins vir die tweedetaaldosent, veral 
diegene wie se kreatiwiteit soms opdroog!   Annemari Swartz is dosent in Afrikaanse Taalverwerwing aan die Universiteit van Wes-Kaapland. 
Die Departement Afrikaans aan die Universiteit Vista het 'n CD-ROM vir die aanleer van Afrikaans wat saam met die taalkundewerkboek 
Taalreis en die kortverhaalbundel Taxi gebruik word. Instap is 'n multimediarekenaarprogram vir gebruik op tersire vlak deur 
tweedetaalaanleerders van Afrikaans. Navrae by dr. Nerina Bosman: bsman-n@marlin.vista.ac.za

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6410.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

